Tafelberg Gemeente

WIE IS TAFELBERG GEMEENTE?

TAFELBERG GEMEENTE is ‘n onafhanklike gemeente wat geen verbintenis met enige denominasie of kerkverband het nie.

Die gemeente is ‘n belydende gemeente wat die Drie Formuliere van Eenheid onderskryf, te wete die Nederlandse Geloofsbelydenis, Heidelbergse Kategismus en Dordtse Leerreels.

Kom besoek gerus ons eredienste elke Sondag om 09h30.

Vrye Gemeente Tafelberg
Vrye Gemeente Tafelberg

Dit beteken dus dat die gemeente, in leer en toepassing van tug, steeds die volgende van lidmate verwag:

1

Ware en Volkome Leer

Dat die leer soos in die Ou en Nuwe Testament en in die Drie Formuliere van Eenheid vervat is en in hierdie gemeente geleer word, die ware en volkome leer van die verlossing is.
2

Die Ware Leer

Ons as gemeente van Christus, deur Sy genade, in hierdie belydenis van die ware leer tot die einde van ons lewe te volhard en alle leringe wat daarvan afwyk – insluitende afwykende sinodebesluite en kerklike praktyke te verwerp?
3

Jesus Christus Verlosser

Ons die Here Jesus Christus as persoonlike Verlosser aanneem en Hom liefhet en Hom sal dien, Sy Naam getrou sal bely voor mense.